100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sassa-amptenare in hof vir bedrog

Written by on August 6, 2020

Vyf-en-twintig amptenare en begunstigdes van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Maandag in die Nelspruit-hof verskyn, op klagtes van bedrog en diefstal.
Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, het die amptenare die begunstigdes glo in April 2016 genader om as gestremde persone te registreer om staatstoelaes te ontvang.
Die saak is aan die Valke gerapporteer en ‘n ondersoek het getoon dat die mense nie gestremd is nie.
Daar word beweer dat die amptenare maandeliks die geld onttrek het en die meeste vir hulself gehou het. Die begunstigdes is ‘n bietjie daarvan betaal.

Die aangeklaagdes het na afloop van die ondersoek dagvaardigings ontvang om in die hof te verskyn.
Hulle is Andile Mabunda (31), Promise Ntombikayise Mabunda (43), Collen Vusi Magagula (44), Bheki Frans Magagula (48), Sibusiso Surprise Mahwayi (30), Amos Maile (50), Phumzile Makaringe (50), Mxolisi Malinda (35), Julia Manana (38), Grace Mashiloane (43), Sipho Hitler Masina (46), Sipho Mnisi (50), Nokuthula Olga Msimango (40), Cynthia Ndlovu (44), Norah Sibongile Nhlemo (41), Jane Nkosi (44), Zanele Patience Sambo (32), Thembi Sanileni (35), Siphiwe Bridget Shabangu (54), Dephney Nomsa Shiba (40), Mandla Sibuyi (49), Braayi Goodness Sithole (37), Thomas Michael Tibane (46), Thembi Tlemo (23) en Nelisiwe Rose Vilanculos (47).
John Mamini Mdaka (39) was nie in die hof teenwoordig nie weens gesondheidskwessies.
Die saak is tot 4 September uitgestel.

Die drie mense wat ook daarvan aangekla word dat hulle beplan het om Sassa te besteel deur ‘n kuberkraak het ook vandeesweek in die hof verskyn.
Matholeni Sydwell Masilela (40), Moses Khumalo (36) en Brian Mfundo Masina (28) sal na verwagting môre formeel om borgtog aansoek doen.


×