100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie soek gewapende rowers wat winkel in Pienaar opblaas

Written by on August 6, 2020

Die polisie het die gemeenskap gevra om hulle te help om ‘n groep vas te trek wat glo ‘n supermark in Pienaar beroof het.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, het ongeveer 15 mans die Usave-supermark vroeg Woensdagoggend aangeval.
Volgens sekuriteitswagte het hulle toegang verkry deur die winkel se dak.
Hulle het ‘n kluis opgeblaas, en ‘n muur het op een van hulle geval.
Die polisie het sy liggaam later dieselfde dag gevind.
Hlathi het gewaarsku dat die mans glo swaar gewapen is en mense gemaan om hulle nie self te konfronteer nie, maar eerder die polisie te bel.

“Verlede week het iemand ook ‘n kluis by ‘n vulstasie in KaBokweni opgeblaas. Meer as R1 miljoen se skade is berokken,” sê hy.
Hlathi het die aanval ook gekritiseer omdat veral ouer mense afhanklik van dié tipe winkel is.
“Hulle vernietig infrastruktuur wat deur veral ouer mense benodig word. Hierdie winkels is naby aan hul huise, en hulle kan net iemand vra om gou vir hulle winkel toe te gaan. Nou is daar niks nie.”
Mbombela hat vanjaar weer die top-30 gehaal van areas waar eiendom-verwante misdaad hoogty vier.

Volgens die jaarlikse misdaadstatistiek, wat verlede week bekendgemaak is, is Nelspruit se polisiestasie 11de in die land in terme van waar hierdie tipe misdrywe aangemeld word.
Dit sluit inbrake by huise sowel as nie-residensiële geboue in.
Die stasie is ook 13de in terme van kommersiële misdaad, 17de met diefstal uit voertuie en 25ste betreffende transitorooftogte.


×