SANParke vier parkeweek vanaf 22 September
Written by Mireille on August 14, 2025
SANParke hou van 22 to 26 September nasionale parkeweek.
Hy sê dit is ‘n suksesvolle veldtog wat opvoeding en bewustheid oor die land se inklusiewe benadering tot bewaring verskaf.
SANParke sê hy gaan ook die tyd gebruik om ‘n gevoel van trots in die land se natuur-, kultuur- en geskiedenis-erfenis te kweek wat deur die nasionale parkestelsel beskerm en bewaar word.
Om sy 20ste jaarlikse parkeweek af te skop, word ‘n viering op 21 September in die Krugerwildtuin gehou.
Die gratis toegang tot reservate sluit nie verblyf of ander toeriste-aktiwiteite in nie.