100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Samora Machel se dood by Mbuzini herdenk

Written by on October 19, 2021

“Ons het leiers nodig wat in Samora Machel se voetspore volg,” sê pres. Cyril Ramaphosa. “Leiers wat onbaatsugtig is, wat daaraan toegewyd is om te dien, en wat ook bereid is om opofferings te maak, soos Samora Machel het.
“Ons het leiers nodig wat die behoeftes en aspirasies van die mense van ons kontinent bo alles anders stel.”
Ramaphosa en die Mosambiekse president, Filipe Nyusi, het vandag tydens ‘n kransleggingseremonie by Mbuzini in Nkomazi-munisipaliteit die dood van Samora Machel herdenk.
Dié voormalige president van Mosambiek is vandag presies 35 jaar gelede dood. Sy vliegtuig het op Suid-Afrikaanse grondgebied in die Lebombo-berge naby die sameloop van die grens tussen Suid-Afrika, eSwatini en Mosambiek neergestort.
Die herdenkingsgeleentheid is by die Samora Machel-museum in Mbuzini gehou. Dit is ook bygewoon deur onder meer Machel se weduwee, Graca Machel; Suid Afrika se minister van sport en kultuur, Nathi Mthethwa; sowel as Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane.

Ramaphosa het mense verder aangemoedig om teen Covid-19 ingeënt te word.
“Dit is ook belangrik om goeie gedenktekens te hê, sodat ons nageslagte onthou waar hulle vandaan kom,” het hy gesê. “Ons sal hom nooit vergeet nie.”


×