100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Rugbyondersteuners gewaarsku teen toetskaartjie slenters

Written by on July 12, 2022

SA Rugby het Springbokondersteuners gewaarsku teen webtuistes wat valslik beweer dat hulle toetskaartjies te koop het.
Aanhangers meld glo toenemend aan dat hulle vir kaartjies betaal, net vir die verkoper om nie die kaartjies te lewer nie.
Die enigste amptelike verkoopspunte vir vanjaar se toetse is Computicket (vir die Nieu-Seeland wedstryd in Mbombela) en Ticketpro (vir die derde toets teen Wallis, die Argentinië-wedstryd en die All Blacks in Johannesburg).
“Aanlyn herverkopers het geen amptelike toegang tot kaartjies nie,” sê Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, in ‘n verklaring. “Kaartjies word beloof, teen baie hoër pryse, en nooit gelewer nie.
“Ons beveel ten sterkste aan dat mense nie by hierdie ‘herverkopers’ kaartjies koop nie. Aanhangers mag nooit die kaartjies sien nie, en hul geld verloor.”
Volgens Roux geld dieselfde vir kaartjies na die Rugby Wêreldbeker Sewes-toernooi in Kaapstad in September sowel as die HSBC Kaapstad Sewes in Desember.
“Die enigste manier om te verseker jy word nie teleurgestel nie, is om deur die amptelike kanale kaartjies te koop,” sluit hy af.
Kliek op hierdie skakel as jy nog nie jou kaartjie vir die All Black toets in Mbombela op 6 Augustus, bekom het nie: www.computicket.co.za.
Skakel ook more om 07:35 in op 100.5FM wanneer Mbombela-stadionbestuurder, Roelf Kotze, in die ateljee kom gesels oor die praktiese reëlings vir hierdie grootse dag.


×