100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Rowers beskadig kitsbank, vlug met leë hande

Written by on December 9, 2022

Vermeende rowers is met leë hande vort na hulle Woensdag ‘n kitsbank in Voortrekkerstraat in Lydenburg probeer opblaas het.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het die voorval om ongeveer 02:00 die oggend plaasgevind.
Hulle kon daarin slaag om die kitsbank te beskadig.

Geen arrestasies is nog gemaak nie en die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om dit met hulle te deel.
Twee mans is ook Dinsdagaand in Lydenburg dood na ‘n aanval by ‘n spazawinkel.
Die liggaam van ‘n 35-jarige Suid-Afrikaanse man is in Shushumela gevind.
Die polisie vermoed hy het gevlug na hy geskiet is. Dit is onbekend of hy ‘n verbyganger of klant was.
Die tweede slagoffer is met sy aankoms by die hospitaal dood. Die polisie glo hy is die Ethiopiese man wat in die winkel gewerk het toe die skietery plaasgevind het.


×