100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Rooitapyt-première verseker Skouspel bly ‘n hoogtepunt

Written by on August 24, 2021

Hoërskool Nelspruit (NHS) het Saterdag DigiTV ingespan om die rooitapyt-première geleentheid van hul Skouspel 2021 regstreeks te stroom.
Die revuegroep het hard gewerk aan Skouspel 2021 wat Saterdagaand ook regstreeks gestroom is. Weens inperkingsregulasies kon dit vanjaar glad nie voor ‘n gehoor opgevoer word nie.

‘n Spesiale stel is in die skoolsaal gebou waar dit deur Signature Performing Arts and Theatre Technology opgeneem en later gestroom is.
Die skool het die leerlinge beloon met ‘n glansryke saamkykgeleentheid. Die rooitapyt is vir hulle uitgerol en is hulle in die skoolsaal ontvang om hierdie vertoning saam op ‘n groot skerm te kyk.
Onderhoude is ook gevoer met soliste, dansers en produksiebestuurder Ezette Mans.
Die leerlinge het saam gesing en gedans van die begin tot die einde van die vertoning om NHS se 25ste revue op ‘n hoogtepunt af te sluit.


×