100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Driebeen-Katie kry dalk prostetiese been

Written by on August 24, 2021

Die Kinnear-gesin van Mbombela het onlangs ‘n baie spesiale toevoeging tot hul gesin gemaak met Katie, ‘n driebeen-Africanus wat hulle by Pro-Life Pet Rescue aangeneem het.

Allet Kinnear vertel haar man, Mark, het van Katie gehoor na sy in die Lilydale-area naby Sabi Sands gered is.
Sy is deur ‘n kar raakgery en haar linker agterbeen se femur sowel as haar pelvis is gebreek. Savanna Lodge se mense het met Lowveld Vets kontak gemaak en haar been is afgesit net bo die breuk. Haar pelvis sal blykbaar self weer aangroei.
Die Kinnears het gaan kyk. Ousus Alix wou haar dadelik hê en hulle het besluit om vir Katie ‘n liefdevolle huis te gee.
Reuben en Vincent het vir Gerhardt vertel wat Katie so spesiaal maak.

“Sy kom nog nie goed oor die weg met die kat nie,” sê Reuben en voeg by dat Katie darem nog ‘n baba hondjie is wat leer.
Hulle moet haar ook met sommige dinge help, soos om trappe te klim en wanneer sy moeg raak.
Die Kinnears se oudste, Jesse, doen reeds sedert sy skooldae 3D-drukkery en sy ouers het vir hom die uitdaging gestel om vir Katie ‘n prostese te druk.
Hou hierdie spasie dop vir meer oor Katie se vordering.


×