100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ride for a Child 2023: Amper halfpad om die land

Written by on February 20, 2023

Die Ride for a Child-span het al sowat 3 200 km van hul beplande 7 000 km motorfietsrit om die land afgelê. Vandag is dag 9.
Na hulle deur die reën in Mpumalanga, Limpopo en Noordwes gery het, het die span Donderdag en Vrydag vir twee aande in Upington oorgeslaap.

Hulle het hier twee kinderhuise besoek met doeke, kos, boeke en lekkernye.
Saterdag het hulle via Alexanderbaai (die mees westelike punt op hul roete) na Port Nolloth gery en Sondagmiddag (gister) in Lambertsbaai aangekom.
Sien ook: Reën stuit nie motorfietsryers nie
“Vir die volgende 10 dae of so ry ons net al langs die see,” sê dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa.
Hy vertel hoe sake gestaan het teen gistermiddag. Luister hier.


×