100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man wat drie keer in die wildtuin aangekeer is, sit 15 jaar

Written by on February 20, 2023

‘n Man wat beplan het om wild in die Krugerwildtuin te stroop, is Donderdag in die Skukuza-landdroshof tot effektief 15 jaar agter tralies gevonnis.
Die 26-jarige Een Sihlangu is drie keer in die Krugerwildtuin aangekeer.
In 2018 is hy saam met ‘n medebeskuldigde, Foster Lubisi (42), gearresteer, in 2019 saam met Nelson Ndlovu, en weer in April 2021.
Die derde keer is hy borgtog geweier. Hy het op 16 Februarie skuldig gepleit op die aanklagte van die onwettige betreding van die wildtuin sowel as die besit van ‘n onwettige vuurwapen, ammunisie en gevaarlike wapens.
Sy medebeskuldigde in die een saak, Lubisi, is in Januarie reeds tot effektief 32 jaar gevonnis.
Hy is in 2015 die eerste keer aangekeer saam met Ndlovu. Hulle was glo in besit van ‘n jaggeweer, ammunisie en ‘n byl. ‘n Renosterkarkas is naby hulle gevind.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag is hulle borgtog toegestaan. Op 29 Julie 2018 is Lubisi saam met Sihlangu aangekeer.
Lubisi het op 23 April 2021 weer die wildtuin onwettig binnegegaan. Met dié arrestasie, sy derde, is hy borg geweier.
Hy het skuldig gepleit op al die aanklagte teen hom: betreding, besit van ‘n onwettige vuurwapen met die reeksnommer verwyder, besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie, besit van ‘n gevaarlike wapen en die stroop van ‘n renoster.
Ndlovu se verhoor begin op 16 Maart.


×