100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Reeksverkragter kry drie keer lewenslank

Written by on September 2, 2022

‘n Reeksverkragter is gister in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela drie lewenslange vonnise opgelê.
Thokozani Mazibuko (34) het by drie geleenthede in 2013 by huise in Nkomazi ingebreek en twee tieners en ‘n jong vrou verkrag. Die vierde slagoffer is in Januarie 2017 op straat aangeval.
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê hy Dinsdag is ook skuldig bevind op drie klagte van huisbraak, twee van roof met verswarende omstandighede en een van diefstal.
Hy is as volg gevonnis:

==============
31 Augustus
‘n 34-jarige reeksverkragter vandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela gevonnis.
Thokozani Prince Mazibuko is gister skuldig bevind op vier klagte van verkragting, twee van huisbraak asook huisroof en diefstal.
Hy het by drie geleenthede in 2013 by huise in Nkomazi ingebreek en twee tieners en ‘n jong vrou verkrag.
Die vierde slagoffer is in Januarie 2017 op straat aangeval.

Mazibuko is in Januarie 2020 aangekeer vir ‘n afsonderlike geval in Matsulu. Dié saak is nog nie afgehandel nie.
Mohlala sê hy het deurgaans die identiteit van medepligtiges, wat van die misdade saam met hom gepleeg het, beskerm.


×