100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Nog geen arrestasies na transitoroof in Dwarloop

Written by on September 2, 2022

Een sekuriteitswag is vanoggend beseer toe transitorowers ‘n Fidelity-geldwa op die R40 in Dwarsloop naby Bosbokrand aangeval het.

Volgens die polisie het die groep van ongeveer tien mans die geldwa met ‘n Mercedes gestamp en dit het op sy dak beland. Die vier wagte is van hul drie gewere en ‘n handwapen ontneem.

Die geldwa is met plofstof oopgeblaas. Die verdagtes het die Mercedes aan die brand gesteek en in ‘n wit bakkie met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug.

Geen arrestasies is nog gemaak nie. Enigiemand met inligting is gevra om speruder luit. kol. Christopher Mashego te kontak by 082-469-129

=============

2 September, 10:20

Drie sekuriteitswagte is vanoggend tydens ‘n transitoroof beseer toe aanvallers hul geldwa met ‘n Mercedes gestamp het en dit op sy dak beland het.

Volgens bronne het ‘n groep van tussen 15 en 20 gewapende rowers om 07:04 die Fidelity-geldwa op die R40 tussen Dwarsloop en Bosbokrand aangeval.

Al drie wagte is in die ongeluk beseer en ontwapen.

Die verdagtes het plofstof gebruik om die agterkant van die geldwa oop te blaas en die Mercedes aan die brand gesteek voor hulle met ‘n onbekende bedrag kontant in die rigting van Thulamahashe gevlug het.

Dit is onduidelik met watter voertuie hulle die toneel verlaat het.

Die wagte is na Mapumaleng-hospitaal geneem vir behandeling.


×