100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Reeksmoordenaar aangekla van nog ‘n moord op ‘n bejaarde vrou

Written by on July 8, 2022

Die reeksmoordenaar John du Plooy (32) het gister in die hof in Roodepoort verskyn op klagte van moord en roof met verswarende omstandighede vir die moord, in Augustus 2018, op Lillas Merry (77).
Du Plooy dien reeds saam met Shaun Oosthuizen (42) twee lewenslange vonnisse uit vir soortgelyke moorde op Engela van Wyk (86) in Springs en Barbara Fenton (74) in Alberton in Junie en September 2018.
Oosthuizen dien tans ‘n totaal van vier lewenslange vonnisse uit met ‘n addisionele 80 jaar vir die moorde op Van Wyk en Fenton, sowel as die van Hetta Potgieter (85) in Mbombela in Julie 2018.
Oosthuizen is reeds lewenslank opgelê vir die moord op Merry sowel as Emma Gossen (95) in Sunnyside, Pretoria in Desember 2015.
Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi het hy vir beide bekentenisse afgelê.

Du Plooy is aanvanklik saam met Oosthuizen aangekla van die moord op Potgieter, maar later vrygespreek. Hy dien sy vonnisse in die Johannesburg-gevangenis.
Hy verskyn weer op 22 Julie.


×