100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas nog onoorwonne by o.18 Cravenweek in Rondebosch

Written by on July 8, 2022

Die Pumas, Blou Bulle en gashere WP is almal onoorwonne in die o.18 Cravenweek wat die week by die Rondebosch Boys’ High in Kaapstad plaasvind.
Die Pumas het gister hul wedstryd op dag 4 maklik gewen deur agt drieë teenoor die Griffons se drie te druk.
Die manne van Mpumalanga was teen rustyd met 19-3 voor. Die telling het op 48-18 gestaan toe die eindfluitjie blaas.
Die puntemakers was Fumani Chauke, Francois Odendaal, Danny van Staden, Tyron Moolman, Grant de Jager, Rinkhals Smit, Philasande Ntshapela en Hardus Visser.
Hulle het Dinsdag, 5 Julie met 41-14 korte mette gemaak van die Limpopo Blou Bulle.
Die WP en Blou Bulle speel Saterdag in die finale wedstryd teen mekaar.
Die Pumas speel môre hul finale wedstryd van die toernooi teen die Griekwas.

Foto: Rondebosch Boys’ High Facebook


×