Pumas wil klein dinge reg doen teen Boland
Written by Mireille on August 20, 2025
Die Airlink Pumas speel die naweek weer tuis – hierdie keer teen die Boland Kavaliers, wat tans tweede lê op die Curriebeker-punteleer.
Lede van die bestuurspan het kom inloer: Jimmy Stonehouse, Marius van Rensburg en Sam Sikiwe.
Luister:
Die Cheetahs se bonuspuntoorwinning van 31-24 oor ‘n geesdriftige WP in die Curriebeker die naweek plaas die Cheetahs nou boaan die punteleer in die kompetisie.
Die Boland Kavaliers is tweede na hul sege oor die Bulle.
Die Cheetahs en die Kavaliers het albei drie van hulle eerste vier kragmetings gewen.
Die Leeus is derde na hulle die Airlink Pumas naelskraaps met 36-35 by Nelspruit-rugbyklub geklop het.
Die Griekwas is vierde na hul oorwinning oor die Haaie.
WP en die Haaie het sover al vier hul wedstryde verloor.
Die Pumas lê vyfde en speel Vrydag by Mbombela-stadion teen die Boland.
Die afskop is om 17:00.