100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas sien uit na eerste kragmeting by die huis

Written by on October 22, 2020

Die Phakisa Pumas speel Vrydag hul eerste rugbywedstryd van die jaar op hul tuisveld.
Hul kragmeting teen die DHL Stormers skop om 19:00 by Mbombela-stadion af.
Pumas-breier, Jimmy Stonehouse, sê hulle gaan die toeskouers mis, maar sien uit na die wedstryd. “Dit is ‘n grote,” sê hy. “Maar daar is niks lekkerder as om by Mbombela te speel nie. Tuisveld, tuisvoordeel.”
Hy het byna geen veranderinge aan sy span, wat verlede naweek die Tafel Lager Griekwas in Kimberley geklop het, aangebring nie.
AJ le Roux maak sy debuut as haker, nadat hy van ‘n besering herstel het. Hy vervang vir Simon Westraadt wat op die plaasvervangersbank is.
Stonehouse sê niemand peuter graag aan ‘n wenresep nie.

Die Pumas het Saterdag hul eerste wen van die Vodacom Super Rugby Unlocked-reeks aangeteken deur die Griekwas met 27 teenoor 21 te troef.
Die besoekers was teen rustyd 17-11 voor. Die gashere het egter in die tweede helfte teruggeveg.
‘n Drie, met 10 minute se speeltyd oor, het die Pumas se oorwinning egter verseker.
Pumas-losskakel, Eddie Fouché, is welverdiend as die speler van die wedstryd aangewys nadat hy 12 punte met die skoen kon aanteken.
Op die vooraand van die derde naweek se rugbyaksie, is die Cheetahs voor op die punteleer (na twee oorwinnings) met nege punte. Die Vodacom Bulls het vyf punte.
Die DHL Stormers, Cell C Sharks en Phakisa Pumas het vier punte elk.
Die Pumas-span vir Vrydag is: Morgan Naudé, AJ le Roux, Ruan Kramer, Darrien Landsberg, Pieter Jansen van Vuren (kaptein), Francois Kleinhans, Willie Engelbrecht, Jeandré Rudolph, Ginter Smuts, Eddie Fouché, Etienne Taljaard, Wayne van der Bank, Erich Cronjé, Neil Maritz en Devon Williams.
Die plaasvervangers is Simon Westraadt, Liam Hendriks, Heath Backhouse, Phumzile Maqondwana, Dian Badenhorst, Niel Marais, Ali Mgijima en Ignatius Prinsloo.


×