100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas klop Luiperds in Airlink Cup

Written by on November 16, 2023

Die tweede ronde van die SPS Airlink Cup het Saterdag in Potchefstroom plaasgevind.
Vier van die land se kleiner rugbyunies neem aan dié splinternuwe toernooi deel.
Die Windhoek Draught Griekwas het die NovaVit Griffons met 33-9 gewen en die Airlink Pumas was met 56-20 teen die Luiperds die oorwinnaars.
Die derde ronde vind volgende Saterdag in Kimberley plaas voor die aksie na Mbombela verskuif vir die finale ronde.

Sien ook: Griekwas troef Pumas in eerste Airlink Cup-kragmeting
Foto’s: Kaptured Concepts


×