100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Griekwas troef Pumas in eerste Airlink Cup-kragmeting

Written by on November 6, 2023

Die SPS Airlink Cup het die naweek in Welkom afgeskop.

Vier van die land se kleiner rugbyunies neem aan hierdie splinternuwe toernooi deel.

Hulle is die Airlink Pumas, die Windhoek Draught Griekwas, die NovaVit Griffons en die Luiperds.

Die Griekwas kon die span van Mpumalanga Saterdag in ‘n naelbyt-wedstryd met 21-19 troef, na hulle teen rustyd met 14-7 voorgeloop het.

In die ander wedstryd kon die Griffons met 48-21 teen die Luiperds wen.

Die finale ronde van die Airlink Cup vind op 2 Desember by Nelspruit Rugbyklub plaas.

Sien ook: Jimmy Stonehouse vertel oor Airlink Cup


×