100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Airlink Cup skop die naweek af

Written by on November 3, 2023

Die Airlink Cup skop die naweek af.
Jimmy Stonehouse, die hoofafrigter van die Pumas, gesels met Andri en Neels oor die toernooi en hul betrokkenheid.
Hy sê hulle hoop om in 2024 ook weer ‘n groot rugbytoets in Mbombela aan te bied, en dat die Webb-Ellis-trofee ook in die Laeveld sal kom toer.
Vier spelers afkomstig van Mpumalanga was in die spelersgroep vir die pas afgelope Wêreldbeker-eindstryd: Duane Vermeulen, Faf de Klerk, Kwagga Smit en Trevor Nyakane.
Vincent Koch, wat ook deel was van die span, maar nie die eindstryd gespeel het nie, het ook etlike jare vir die Pumas gespeel.
Luister hier:

Sien ook: Plaaslike fotograaf beleef Wêreldbeker sege


×