100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas en Griekwas vir eerste keer sedert Curriebeker-finaal weer slaags

Written by on March 24, 2023

Die Airlink Pumas speel vanaand tuis teen die Windhoek Draught Griekwas in die Curriebeker, hul eerste kragmeting in die kompetisie sedert die pienktruie die Poubloues in verlede jaar se eindstryd geklop het.
Hul 26-19 wen in Kimberley was die Pumas se enigste teen die Griekwas in die 2022-seisoen.
Die tuisspan is vanjaar sover onoorwonne en het verlede week tuis met 34-27 met die Leeus afgereken.
Die Griekwas behoort wel vol selfvertroue te wees na hul 48-40 wen oor die besoekende Haaie in die vorige ronde.
Vir vanaand is Tinus de Beer terug in die span, maar Sebastiaan de Klerk is in die week geopereer en sal vir ses weke uit wees weens ‘n besering.
Hulpafrigter Riaan Lameley en voorryafrigter Corné Steenkamp gesels met Sonop Ontbyt. Luister weer hier.

Die Toyota Cheetahs is tans bo-aan die punteleer na hulle twee bonuspunte verdien het. Die Pumas en WP het elk ook 10 punte, maar het ‘n kleiner punteverskil.
Die afskop by Mbombela-stadion is om 19:10 en kaartjies is by die stadionkantoor beskikbaar.


×