100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Provinsie verhoog sigbare polisiëring vir feesseisoen

Written by on December 15, 2020

Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag 40 nuwe voertuie aan die departement van gemeenskapsveiligheid oorhandig.
Dit is geskenk deur die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) en het ten doel om sigbare polisiëring te verhoog.
Die premier sê daar was in Desember sover reeds meer ongelukke en sterftes op die provinsie se paaie, as verlede jaar in dieselfde tydperk.
Sy is deur die minister van polisie, gen. Bheki Cele, en die minister van vervoer, Fikile Mbalula, vergesel.

“Die getalle het toegeneem,” sê Mtshweni-Tsipane. “Ons het teen verlede jaar, vanaf 1 Desember tot ongeveer hierdie tyd, 40 sterftes in ongelukke beleef. Vanjaar is dit al 50.
“Hierdie tyd verlede jaar het ons 35 ongelukke gehad. Nou is ons op 40.
“Ons is besorg oor die toename. Ons voel daar moet meer sigbaarheid wees om toe te sien dat die padreëls afgedwing word. Hierdie voertuie sal daarmee help.”


Hulle het die geleentheid op die N4 naby Belfast ook benut om motoriste aan te moedig om na elke twee ure of 200 kilometer ‘n blaaskans te neem, aangesien uitputting een van die groot bydraende faktore aan ongelukke is.
Ander aktiwiteite, wat reeds in Mpumalanga plaasgevind het, sluit in padblokkades en opvoedkundige veldtogte vir bestuurders, sowel as voetgangers.
“Ons kyk ook na Covid-19 om seker te maak mense hou by die regulasies om almal veilig te hou.”



×