100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisieminister bekommerd oor Mpumalanga-misdaad

Written by on December 15, 2020

Gen. Bheki Cele, polisieminister, sê Mpumalanga se misdaadstatistieke is kommerwekkend en sy adjunk sal tyd hier kom spandeer om te bepaal waar die fout lê.
Hy besoek vandag Mpumalanga om die provinsie se Veiliger Feesseisoen-operasies na te gaan.
Hy het wetstoepassers vanoggend by die Nelspruit-rugbyklub toegespreek. Hy is deur onder meer die adjunkminister van polisie, Cassel Charlie Mathale, en provinsiale polisiekomissaris, luit. gen. Modli Zuma, vergesel.


Lede van die polisiediens en weermag sowel as veldwagters en verkeerspolisie het aan die parade deelgeneem.
Volgens Cele vertel die provinsie se misdaadstatistieke “nie ‘n goeie storie nie”.
Hy het moord, trio-misdaad (wat roof, huisbraak en kapings insluit), toenemende huisrowe en inbrake, die mishandeling van vroue, aanranding, verkragting en maatskaplike misdade uitgesonder as dié wat styg.
“Dit is nie die prentjie wat ons wil sien nie,” sê hy. “Hierdie feesseisoen is ons tema, ‘Stywe greep’, maar ek sien dit nie hier nie.”

Die minister het hulle ook gewaarsku om Covid-19-regulasies streng te polisieer.
“Alle ondernemings moet om 22:00 toe wees. Almal moet 23:00 by die huis wees,” sê hy.
Ondernemings wat dit oortree sal eerste beboet word, en dan sal hulle gesluit word: sewe dae vir ‘n tweede oortreding, en daarna vir drie maande.
Hy het lede ook aangemoedig om toe te slaan, waar daar 101 mense binne saam bymekaar is. Die maksimum wat toegelaat word is nou 100, en 250 buite.
“Die bestuur van winkelsentrums en winkels moet aangespreek word wanneer hulle die reëls nie toepas nie, en mense sonder maskers binne toelaat.

“Covid-19 is ‘n nuwe uitdaging: Hierdie kan baie van ons se laaste Kersfees wees. Ons moet ons gedra en ‘n beroep doen op ander om hulle te gedra.”
Cele het die polisie ook beveel om vroue te help wat mishandeling aanmeld. “Dwing die wet af! Gaan arresteer daardie man.”



×