100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Protesaksie sluit Laeveldse paaie

Written by on July 6, 2022

Paaie word sedert vroegoggend sporadies versper regoor die Laeveld. Die situasie verander deurlopend.
Die gesamentlike operasionele bevel (JOC) van Laeveld sekuriteit beveel aan dat mense slegs ry wanneer hulle absoluut moet.
Die aksie is na bewering deur taxi-verenigings gereël in protes teen die styging in brandstofpryse wat vandag in werking tree.
Bly ingeskakel op 100.5FM om op hoogte te bly van die jongste verwikkelinge.
===========
Opdatering 15:20
Die JOC sê die situasie op die paaie is nou kalmer. Toegangspaaie na Hazyview, Barberton en Matsulu is steeds afgesper.
Op die N4 word die aansluitings by Karino, Kanyamazane, Kaapmuiden, Malalane en eMalahleni steeds geaffekteer.
Die R40/Plaston-pad is gedeeltelik oop met een baan wat beskikbaar is. Verkeer beweeg.
Die Bosbokrand/Marite pad is intussen ook geblokkeer.
Dit verander egter gereeld, so bly baie versigtig en vermy dit om iewers heen te ry. Die meeste winkelsentrums is gesluit.
===========
Opdatering 13:50
Sporadiese geweld is in Nelspruit aangemeld met strate in die sakekern en Riverside wat versper word.
Die JOC waarsku dit is baie onvoorspelbaar, en raai mense aan om te bly waar hulle is.
Winkelsentrums en ondernemings is ook aangeraai om te sluit, i’langa en Riverside Mall, Crossing, Village en Casterbridge-sentrums.
Op die R40 by Rocky Drift is ‘n groot vrag sand by die Sonae-verkeerslig in die pad gegooi. Polisie is op die toneel. Die pad word versper by Plaston.
Die N4 Schoemanskloof en by Waterval Boven is oop, maar dit is steeds elders gesluit.
Hazyview bly gesluit vir taxis, busse en vragmotors.
===========
Opdatering: 12:46
Paaie binne Nelspruit weer geraak. Vermy die sakekern en Riverside
Op die N4 is protesaksie by Waterval Boven en Montrose opgeklaar.
===========
Opdatering 12:00
Daar is probleme op die N4 by die Waterval Boven-tonnel en Malalane en Ngodwana. Schoemanskloof word by Montrose versper en die aansluiting by Karino, Kanyamazane, Matsulu en Kaapmuiden is almal geblokkeer.
Die hekke na die Krugerwildtuin word ook erg geraak deur die protesaksie.
===========
Opdatering 10:30
Die R40 by die Engen-vulstasie is weer oopgestel.
Ingange na Barberton by Stimela en Sheba-myn asook die R38 Bulembu-pad word ook versper.
Die pad na die Paul Kruger-hek is ook toe.
===========
Opdatering 09:40
Toegangspaaie na Hazyview is afgesper deur vragmotors.
Die N4 is gesluit by Waterval Boven.
===========
Opdatering 08:40
Die R40 deur Nelspruit is oop.
Die Barberton/Badplaas aansluiting word deur vragmotors versper.
De Rust-aansluiting in Hazyview is afgesper.
Die N4 is gesluit by Montrose en Ngodwana en Karino.
===========
Opdatering om 08:10
Die R40 by Msholozi is oopgestel sowel as die R40 by Tyre Wheel in Nelspruit.
Brandpunte buite Witrivier is by Palm Motors, Casterbridge en die Hazyview-pad.
Die N4 is volgens berigte versper by Kaapmuiden, Matsulu en Ngodwana.
Buscor se busse loop glo nie vandag nie.
============
Opdatering 07:10
Volgens berigte is die ringpad na Mbombela-stadion oop. Paaie in en om Witrivier word versper, sowel as die ingang na Msholozi en die R538 na Hazyview.
===========
Opdatering 06:50
Polisie en verkeersbeamptes reguleer tans verkeer by die Crossing-kruising. Vermy die R40 in Riverside van Land Rover tot Rob Ferreira-hospitaal.
Na verwagting sal Schoemanskloof en die Barberton/Badplaas afritte ook toegemaak, maar dit is nou nog oop.
Taxis is besig om by Palm Motors in Witrivier oor die pad te trek.
Die R538 na Hazyview is ook afgesper.
============
Opdatering 06:15
Paaie in en om Nelspruit is afgesper, behalwe vir die Kaapsehooppad en R40 na Barberton.
Volgens die JOC word die paaie na Witrivier van Hazyview en Msolozi nou ook geblok.
===========
Opdatering 05:48
Addisionele paaie wat gesluit is:
* R40 by Crossing na Riverside/Witrivier
* N4 by Ngodwana
* N4 by Matsulu
* N4 by Kaapmuiden R38 aansluiting
* N4 tussen Kanyamazane en Karino
===========
Opdatering: Paaie wat om 04:30 oop is
* R37 Lydenburg
* Ringpad by MAN na Riverside
* R40 van Westend na Barberton
* Nelspruit na Malalane via Low’s Creek/Barberton
* Ou Croc Valley-pad.


×