100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga-vlugbalspelers blink uit in Stellenbosch

Written by on July 7, 2022

Die Mpumalanga-span keer terug van die Nasionale Skolesport-kampioenskappe wat hierdie week by die Universiteit van Stellenbosch aangebied is met twee goue medaljes.
Die span het bestaan uit jong skaak-, netbal en vlugbalspelers.
Die vlugbalspanne het met drie medaljes teruggekeer. Die seuns o.17 en dogters o.17-spanne het beide goue medaljes verower en die dogters o.14-span keer terug met brons.
Mpumalanga het ook algeheel tweede geëindig in die kampioenskappe, na die Wes-Kaap.
Woordvoerder, Gerald Sambo, sê die vlugbalspelers het verder verskeie top individuele toekennings gewen.


×