100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Private span maak Laeveld trots by Sasol Solar Challenge

Written by on September 23, 2022

Die Laeveldse span Solar Flair het aan die pas afgelope Sasol Solar Challenge deelgeneem, die enigste private span wat oor agt dae sowat 2 500 km van Johannesburg na Kaapstad in hul selfgeboude elektriese voertuig afgelê het.
Internasionale spanne verbonde aan universiteite het met die louere weggestap: Brunel van Delft-universiteit in Nederland was vir die vierde keer die wenners, met Agoria Solar tweede. TUT was die eerste Suid-Afrikaanse span en algeheel derde. Noordwes-universiteit was vierde.

Solar Flair het in die sesde plek geëindig en kon 608,5 km aflê – meer as die spanne van beide die Universiteit van die Vrystaat se Solar Car Team en UniChamps.
Die doel van die Sasol Solar Challenge is om ingenieursvaardighede te bevorder en bewusmaking te verhoog oor die belang van opleiding in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde sowel as volhoubare vervoer.
Klasie Botha van Solar Flair sê dit was ‘n ongelooflike, leersame ervaring.


×