100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Poskantoor hoopvol oor heropening van takke

Written by on May 4, 2021

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) hoop dat kwessies met persele wat hulle huur, binnekort opgelos sal wees.
Woordvoerder, Johan Kruger, het bevestig dat Village-poskantoor in Mbombela tans ook gesluit is na die eienaar die huurkontrak beëindig het.
Landwyd is verskeie poskantore al meer as ‘n maand toe, weens agterstallige huurgeld.
Volgens Kruger kan Village-kliënte hul pakkies by die Nelspruit-poskantoor in die middedorp afhaal.
Sonpark en West Acres werk ook met die hand. Sonpark-poskantoor se krag is afgesny, weens die dispuut oor die huur.

Sonpark se posbusse is wel operasioneel. Komatipoort-poskantoor se posbushouers word by Kamaqhekeza gehelp.
Die ouditeur-generaal het onlangs bevind die poskantoor is kommersieel bankrot. In die 2019/20-boekjaar het die groep verliese van meer as R1,7 miljard gely, met laste wat sy bates met R1,5 miljard oorskry het.
Kruger voeg by dat die kwessie oor huur landwyd nou stuk-stuk opgelos word. “Ek is daarom positief dat dinge ook binnekort in die Laeveld sal begin beter gaan,” sê hy.


×