100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisielid gedood wat glo saam met rowers werk

Written by on August 25, 2025

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, sê hardwerkende polisiebeamptes moenie ontmoedig word deur kollegas wat met misdadigers saamspan nie.

Sy kommentaar volg op die ontdekking van die liggaam van ‘n 54-jarige speurder van Pienaar in ‘n voertuig wat Vrydagaand deur vermeende rowers in Belfast gebruik is.

Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, birg. Donald Mdhluli, het ‘n groep gewapende mans mense wat langs die pad stilgehou het, met vuurwapens aangehou.

Polisielede op patrollie het gestop. Die verdagtes het losgebrand en gevlug.

‘n Hoëspoed-jaagtog het gevolg, en die verdagtes se voertuig het teen ‘n boom gebots.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die Belfast-landdroshof.

Luister: