100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie ondersoek saak van strafbare manslag na taxi-ongeluk

Written by on May 5, 2020

Een passasier is vanoggend op Madiba-rylaan oorlede nadat ‘n minibus en ‘n bakkie gebots het.
Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid, het die ongeluk om ongeveer 09:00 in Riverside plaasgevind.
‘n Passasier in die taxi is op die toneel oorlede. Die bestuurder en nog agt passasiers is na Rob Ferriera-hospitaal gehaas. Een in ‘n kritieke toestand. Die bestuurder van die bakkie is ongedeerd.
Volgens Mmusi weet hulle op hierdie stadium nie wat die ongeluk veroorsaak het nie.
‘n Saak van strafbare manslag is deur die polisie geopen.


×