100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Perdepianiste, rottevangers en narre: Dinge gaan Bos InniMall

Written by on September 23, 2021

Na twee winters van geen Innibos Kunstefeeste nie, is die Laeveld gereed om hierdie Erfenisnaweek “bos” te gaan in i’langa Mall.
Reg oor die wêreld kry ʼn mens in strate en op pleine musikante wat met ʼn perdekop hul instrumente bespeel. Tydens Bos InniMall kry die Laeveld ook die geleentheid om ons eie perdepianis van nader te beskou.
Hy het met Amanda gesels (ons het sy stem vermom om sy mens-identiteit te beskerm).

Die nimlike Wiebke Holm is terug om die Laeveld te vermaak met haar unieke “dinge-teater”. Sy het vir Amanda vertel van haar nuwe Rottevanger-persona en al die rotte wat sy saambring.

Tieners moet nie uitmis op die absolute winskoop-maar-groot-vermaak wat Vrydagaand by die Ice Rink op hulle wag nie. As skaats en musiek jou ding is, moet jy beslis nie hierdie regte, egte 80’s “jam” misloop nie. Trek aan soos hierdie era en slaan hope pryse los. Sandra Jacobs en Henri Gouws het met Ludi gesels oor die 80’s-tema.

Daar is ook nie van die kleinspan vergeet nie. Bee Creative se Suzette van Zyl wat al jare saam met Innibos die woelwaters vermaak het met Amanda gesels oor hul planne.

Dit vind Vrydag om 11:00 by Panarotti’s plaas.
Kyk ook gedurende InniMall uit vir, onder meer, Jabulani van Puppetsula, die Sweet Dreamers Marimba-groep en Zippy die nar.
Kaartjies vir vertonings is beskikbaar by i’langa Mall se sentrumbestuurkantoor (langs die ABSA-kitsbank by Mugg & Bean se ingang). Die volledige program is ook op beide Innibos en i’langa Mall se webtuistes beskikbaar.


×