100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Penreach open Makerspace-sentrum

Written by on May 18, 2021

Die Penreach Shalamuka Steam-sentrum se Makerspace-fasiliteit is verlede week amptelik in gebruik geneem.
Wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, kuns en wiskunde word hier gekombineer vir kinders om breër te leer dink oor probleme en geïntegreerde oplossings te soek.
Penreach se hoofbedryfsbeampte, Susanna Oosthuizen, het tydens die opening gesê dat kritiese denke, kommunikasie, samewerking en kreatiwiteit vaardighede is wat kinders benodig om in die 21ste eeu te kan floreer.

Die Penreach Makerspace is ‘n nuut geboude sentrum wat geïntegreerde opvoeding bied. Dit dien as ’n laboratorium van idees waar leerlinge interaktief hul kreatiwiteit kan ontwikkel. Dink robotika, tekstielontwerp, digitale fotografie en 3D-druk.

Die sentrum het verskillende werkstasies waar hulle kan eksperimenteer met kuns en tegnologie terwyl hulle idees uitruil.
Die sentrum is verlede Dinsdag amptelik deur Penreach se uitvoerende hoof, Andile Ncontsa, geopen. Skenkers sluit in Sappi, TRACN4, MMC en plaaslike skole.
Cheryl Williams, Penreach Steam se leerbestuurder, sê kinders wil betrokke wees by, en uitgedaag word deur, die leerproses. “Hulle wil verstaan hoekom dit wat hulle leer belangrik is. Hulle wil tegnologie gebruik en ons wil hê hulle moet omdat die werk wat vir hulle beskikbaar gaan wees, gaan fokus op die integrasie van tegnologie.”

Dit sal ook gebruik word deur besoekende skole, vir werkswinkels vir onderwysers, klubs en spesiale geleenthede.
Dit sal ook die sentrum wees vir die nie-winsgewende organisasie se uitreikwerk na vroeë kinderontwikkeling-sentrums, skole en klubs.
Die fasiliteit is ook beskikbaar vir die hele gemeenskap om te gebruik. Om meer uit te vind oor hoe, kontak Williams by [email protected].


×