100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Penreach bereik Mandela-maand doelwit

Written by on July 29, 2021

Penreach kon in Julie vir Mandela-maand genoeg boeke insamel om 67 nuwe leeskampe op die been te bring.
Hierdie kampe bied kinders ‘n leersame naskoolsentrum in hul buurte. Om een te stig verg ten minste 67 boeke.
Dié amper 5 000 boeke is met behulp van plaaslike ondersteuners sowel as nasionale maatskappye ingesamel.
Susanna Oosthuizen, Penreach-bedryfshoof, sê dit verseker die voortsetting van hul Boeke-in-huise-program ten bate van grondslagfase-kinders wat nie tot gepaste leesstof in hul huise toegang het nie.

“Die afgelope twee jaar was moeilik vir kinders, veral jong kindertjies, want soveel van hulle leertyd by die skool het in die slag gebly. Vir die wat tuis moes onderrig kry, het baie van hulle nie toegang tot boekies of leesmateriaal nie.
“Dus wou Penreach vir Mandela-maand ‘n teiken bereik om 67 nuwe leeskampe te stig vir kindertjies om by te woon in die middae. Te danke aan al ons plaaslike ondersteuners sowel as nasionale maatskappye, kan die kampe nou op die been gebring word,” sê sy.
Nedbank en Book Dash het ‘n addisionele skenking van 7 200 boeke gemaak.
Ronald Chanets, Penreach se programbestuurder vir geletterdheid en gesyferdheid, sê hulle het hul teiken met 200% oorskrei deur meer as R200 000 in te kon samel.


×