100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Paaie oorstroom na swaar reën in die Laeveld

Written by on February 9, 2023

Na groot volumes reën is verskeie paaie en brûe in die Laeveld oorstroom.
Dele van Nkomazi het reënval van naby 300 mm aangeteken.
‘n Deel van Malalane se krag is af weens ‘n kabel wat onderwater is.
Water kan ook nie onttrek word uit die rivier nie.
Die Krokodil-rivier vloei tans sterk en konstant, maar oorstroom nie.

In Nkomazi-Suid is verskeie brûe onder water en ten minste een het weggespoel.
Buscor-busse kon vanoggend nie die area bedien nie.
Vermy dit om enige brug oor te steek waarvan jy nie die oppervlak kan sien nie.
‘n Deel van die R38 tussen Low’s Creek en Kaapmuiden is ook oorstroom.

Die Krugerwildtuin.

Toegang tot die Krokodilbrug en Malalane-hek ingange na die Krugerwildtuin is gesluit weens brûe  wat oorstroom het.
Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, sê verskeie laagwaterbrûe en groot paaie is versper.
Geen skade of beserings is tot dusver aangemeld nie, en hulle monitor die situasie.
Luister weer hier:

In Witrivier het een inwoner 110 mm aangeteken sedert Dinsdagaand.
Op Plaston is 78 mm vanoggend gemeet, by Longmere 75 mm en 70 mm by beide Hilltop en Karino.
In Barberton het 70 mm die afgelope 24 uur geval.
Reënval wat in Mbombela aangemeld is wissel tussen 40 mm en 48 mm.


×