100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ouers wat glo dogter verkrag ook van vir verberging van ‘n sterfte

Written by on June 12, 2023

‘n 35-jarige vrou en 43-jarige man wat verlede week in die hof verskyn het vir die beweerde verkragting van die vrou se tienerjarige dogter, verskyn vandag in die Kabokweni-landdroshof vir die beweerde verberging van ‘n sterfte.
Volgens ‘n woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, is die oorskot van ‘n eenjarige kind in hul erf in Pienaar opgegrawe, na bekommerde bure hulle ingelig het dat die kind lanklaas opgemerk is.
Die vrou en haar man is Woensdag ook aangekla van die verkragting van die dogter, wat 14 of 15 jaar oud is.
Sy en haar vier sibbe is na ‘n plek van veiligheid geneem.

Volgens Mdhluli moet die oorsaak van die dood van die eenjarige nog bepaal word.
“Ons kan nie uitsluit dat nog aanklagte teen die ouers aanhangig gemaak sal word nie,” sê hy.
Hy voeg by dat die ouers nie Suid-Afrikaanse burgers is nie, en dat die polisie saam met die departement van binnelandse sake werk om hul status vas te stel.
Die egpaar bly in aanhouding.
Hulle verskyn vandag vir verberging van ‘n sterfte en verskyn weer op 14 Junie op die verkragtingsklag.
Sien ook: DA vra ondersoek na gesondheidsdepartement oor nooddienste


×