100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Betoging voor Laerskool Witrivier uitgeklaar

Written by on January 18, 2023

Die betogings by Laerskool Witrivier is uitgesorteer met die provinsiale departement van onderwys wat verder die plasing van leerlinge sal hanteer.
Volgens Joe Pelser, die veiligheidsvoorsitter van AfriForum Witrivier, is daar ooreengekom dat plasings teen 30 Januarie afgehandel moet wees. Verdere ontwrigting by die skool sal nie toegelaat word nie.
Alle sekuriteits- en polisie-eenhede het onttrek.

===========

18 Januarie 2023, 09:13

‘n Groep ouers betoog vanoggend weer voor Laerskool Witrivier weens hul kinders wat nog nie in skole geplaas is nie.
Volgens Johnnie Terblanche van J&M Sekuriteit moes hulle gistermiddag die skoolhekke teen betogers sluit toe hulle die hek bestorm het, en die onderwysers kon eers vroegaand die terrein verlaat.
Sekuriteit en polisie is tans op die toneel met die polisie se eenheid vir openbare orde wat verwag word, maar die groep van sowat 15 ouers is nie geweldadig nie.
Al die leerlinge kon veilig die skool binnegaan.
Die departement van onderwys sal na verwagting vanoggend met die skoolhoofde en beheerliggame van die hoër- en laerskole vergader om ‘n oplossing te probeer vind, maar die kapasiteit van die laerskool is reeds vêr oorskry.
Terblanche sê die ouers soek veral plek vir hul kinders in gr. 1 en gr. 2, maar het hul aansoeke laat ingedien.
Hy sê dit word nie deur die EFF gedryf nie, maar van hul lede sou vanoggend by die ouers aansluit.


×