100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Onwettige staking lê dienste in Thaba Chweu lam

Written by on July 21, 2023

‘n Onwettige staking deur lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) oor aanstellings in Thaba Chweu-munisipaliteit (TCM) lê dienste nou reeds vier weke in Lydenburg, Sabie en Graskop lam.
Die DA in Thaba Chweu het die departement van samewerkende regering gevra om in te gryp.
Die ontevredenheid spruit uit sekere aanstellings wat na bewering onwettig verleng is.
Sien ook: Protesaksie oor aanstellings in Thaba Chweu
DA-raadslid Spiridon Couvaras lê dit voor die deur van die burgemeester, Friddah Nkadimeng, wat volgens hom versuim om senior posisies te vul.
Samwu-lede weier om te werk tot ‘n nuwe stadsbestuurder aangestel is om Nora Maseko te vervang. Sy is in ‘n waarnemende hoedanigheid ontplooi, ondanks haar skorsing by Sekhukhune-distrik weens bewerings van ongeruimdhede met kontrakte en verkryging.
Samwu het glo eergister ‘n ooreenkoms met TCM bereik dat hulle hul onwettige staking sal eindig sodra ‘n nuwe waarnemende stadsbestuurder aangestel word wat van Ehlanzeni-distrik gesekondeer moet word, eerder as vanaf die provinsiale regering.
Couvaras sê bekwame, onafhanklike administrateurs moet aangestel word om dienslewering te herstel.

“Dit is onregverdig teenoor mense wat vir dienste betaal,” sê hy.
Die Mashishing/Lydenburg-sakekamer ry nou self inwoners se vullis weg.


×