100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Onderwyser op teregstellingstyl doodgeskiet

Written by on November 16, 2023

‘n 37-jarige onderwyser wat ook ‘n sekretaris van die vakbond Sadtu was en sy vriend is Woensdagaand in Sukani Trust buite Witrivier op teregstellingstyl doodgeskiet.

Die polisie sê albei slagoffers het skietwonde gehad en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

‘n Grys VW Polo is op die toneel gevind met die sleutels in een van die oorledenes se sak.

Die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê hul selfone en ander items was ook in hul besit.

Die motief van die moord is onbekend.

Sien ook: Video: Juwelier by Casterbridge beroof


×