Ondersoek geloods na drie mans uit Nkomazi-rivier gehaal word
Written by Mireille on August 25, 2025
Die polisie in Elukwatini het ‘n ondersoek geloods na die dood van drie mense wie se liggame die naweek uit die Nkomazi-rivier herwin is.
Volgens die polisie is die drie mans Vrydag in ‘n natuurreservaat uit die rivier gehaal deur polisieduikers.
Hulle is dieselfde dag as vermis aangemeld.
Al drie is burgers van Zimbabwe.
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Donald Mdhluli, het hulle geen sigbare beserings gehad nie.
Die oorsaak van hul dood word ondersoek.
Luister: