100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nuwe waarnemende stadsbestuurder vir TCM

Written by on November 1, 2022

Peter Mankga is gister aangestel as die waarnemende munisipale bestuurder van Thaba Chweu-munisipaliteit.
Dit na die kontrak van die omstrede Siphiwe Matsi op ‘n einde geloop het. Sy het vroeër vanjaar namens die munisipaliteit skuldig gepleit op verskeie oortredings van die Wet op Omgewingsbestuur.
Lees meer: Thaba Chweu beboet vir oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur
Makga was tot sy aanstelling die hoof van korporatiewe dienste in die munisipaliteit. Hy sal in die posisie waarneem tot ‘n kandidaat aangestel word.

Heelwat aansoeke is glo reeds vir die pos ontvang.
MyPanorama.net berig dat chaos uitgebreek het buite die raadsvergadering in Lydenburg toe ontstigde lede van die publiek amok gesaai het in die ingangsportaal en amptenare uit hul kantore gejaag het. Hulle is deur die polisie verwyder.


×