100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Thaba Chweu-munisipaliteit beboet vir oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur

Written by on June 14, 2022

Thaba Chweu-munisipaliteit is gister effektief ‘n boete van R5 miljoen opgelê vir oortreding van die Wet op Omgewingsbestuur.
Stadsbestuurder Sphiwe Matsi, wat namens die munisipaliteit verskyn het, het skuldig gepleit op sewe van die elf klagte wat hoofsaaklik verband hou met waterbesoedeling.
Die Lydenburg-hof het gelas dat R4,8 miljoen van die boete teen 1 November op die munisipaliteit se riool- en waterinfrastruktuur spandeer moet word om waterkwaliteit te verbeter.
Die departemente van water en omgewingsake moet ook elk R100 000 betaal word vir hul regskoste.
DA-raadslid Marius Opperman het met Mireille de Villiers daaroor gesels. Luister weer hier.


×