Nuus
Page: 205
Reënweer en Covid-19 kon nie keer dat die afgelope Bietjie-Bietjie-Bos ‘n sukses was nie. Innibos se bemarkingshoof, Sandra Jacobs, sê hulle is baie tevrede met die opkoms, en dankbaar vir al die ondersteuning. Die Kersloffees is Sondag na Communio-kerk geskuif weens die reënerigheid en nat veld. Die beperking van 2 000 mense per aand is […]
Die polisie in Nelspruit ondersoek ‘n dubbele moord na ‘n ma en haar volwasse seun se liggame Sondagoggend in Mataffin gevind is. Die bure het glo gister die polisie gebel weens die reuk wat uit die huis gekom het. Die 44-jarige vrou se liggaam is gevind met ‘n plastieksak oor haar kop en ‘n bed […]
Bietjie-Bietjie-Bos mag veel kleiner wees as die fees waaraan Laevelders oor die jare gewoond geraak het, maar die aanbieding bly groot. Komedie en drama is vanjaar op die planke in drie teaterproduksies. Die debuutproduksie “Wat As” word deur André Odendaal geregisseur en het Francois Jacobs, Adriaan van As en Simoné Pretorius in die rolverdeling. Die […]
In die nuus uit die Laeveld die week: Reisverbod laat Laeveld toerisme steier, VF Plus vra ingryping by munisipale skuld aan Eskom, meer as 80 vroue is sedert April in Mpumalanga vermoor en Bietjie-Bietjie-Bos skop af. Luister die hooftrekke hier.
Plaaslike toerisme-operateurs is verpletter deur die reisverbod wat verskeie lande op Suid-Afrika geplaas het, na die jongste Covid-19-variant, Omikron, deur Suid-Afrikaanse wetenskaplikes geïdentifiseer is. Oupa Pilane van Kruger Laeveld Toerisme (KLT) sê dat veral safari lodges op internasionele besoekers staatmaak en ‘n goeie Desember nodig gehad het. Dit is egter nou van die baan met […]
Die TRAC N4-tydren Vrydag en Saterdag in Dullstroom het behoort aan Uganda se Yasin Nasser en Ali Katumba. Hulle het met hul debuut in Suid-Afrika gewen, nadat plaaslike ryers Guy Botteril en Simon Vacy-Lyle se Toyota Etios R4 beide dae nie die renne kon klaarmaak nie. Nasser kon Botteril so om die tweede plek op […]
Bietjie-Bietjie-Bos skop môre af. Na dae van onsekerheid oor hoe pres. Cyril Ramaphosa op die Omikron-variant gaan reageer, kon almal Sondagaand ‘n sug van verligting slaak dat die fees, soos beplan, van 1 tot 5 Desember voort kan gaan. Vlak 1 van inperking bly, vir nou, in werking, met 2 000 mense wat in die […]
Die Covid-19 pandemie het geweld teen kinders baie vererger. Dit is volgens Nomfundo Myeza van Child Welfare Nelspruit. Sestien dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het Donderdag afgeskop. Volgens Myeza is dit bitter nodig omdat dit die sameleweing aanpor om te praat oor die mishandeling van kinders, wat al hoe erger word. […]
In die nuus uit die Laeveld die week: Burgemeester sonder voorval ingesweer, Groen Skerpioene gevra om rioolbesoedeling in Witrivier te ondersoek en TRAC gerat vir Dullstroom-tydren. Luister die hooftrekke hier.
Die ANC se Sibongile Makhushe is Dinsdag tot die nuwe uitvoerende burgemeester van Mbombela-munisipaliteit verkies. William Nkatha is die raad se nuwe Speaker. Taylor Nsimbini is tot hoofsweep verkies. Al drie was die enigste genomineerde kandidate vir die ampte. Die nuutverkose raadslede is ook tydens hul eerste sitting, wat by Mbombela-stadion gehou is, ingesweer. Die […]