Nuus
Page: 203
In die nuus uit die Laeveld die week: Toeriste buite Numbi-hek aangeval, twee jong mans verdrink, en Radio Laeveld maak ‘n bietjie geskiedenis in die Vrystaat. Luister die hooftrekke hier.
Radio Laeveld 100.5FM het geskiedenis gemaak deur gister regstreeks uit te saai vanaf Onze Rust-landgoed, die familieplaas van oudpresident MT (Martinus Theunis) Steyn. Steyn was die sesde en laaste president van die onafhanklike Republiek van die Oranje Vrystaat van 1896 tot 1902. Dit was die eerste keer dat enige radiostasie vanaf die historiese baken uitgesaai […]
Twee verdagtes is gister in Sabie aangekeer deur die Nelspruit Blitspatrollie. Hulle was glo in die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Gugu Phiri, was hulle in ‘n voertuig wat na bewering by Kabokweni gekaap is. Die nasporingsmaatskappy en polisie het hulle gevolg. Sy sê hulle het in bosse in gevlug toe […]
Grace Baby Haven maak in Januarie sy deure oop as ‘n veilige hawe vir weggooibabas, waarna daar ‘n baie groot vraag is. Stigters Justin en Ané Grobbler vertel dat daar die jaar alleen meer as 85 kinders agtergelaat is in net Nelspruit en Mataffin, meestal in hospitale waar ma’s geboorte skenk. Dié nie-winsgewende organisasie werk […]
In die nuus uit die Laeveld die week: Mpumalanga gerat vir feestyd, nasien van eindeksamen sonder voorval voltooi, en die bloedbank benodig dringend skenkers. Luister die hooftrekke hier.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) ervaar ‘n ernstige tekort aan bloed, en het mense aangemoedig om bloed te skenk voor Kersfees. Ronald Marsh skryf dit toe aan ‘n toename in die vraag na bloed en afname in skenkings wat hulle gewoonlik hierdie tyd van die jaar ervaar. “Desember is tradisioneel ‘n moeilike tyd vir ons, […]
Ses mense is gister deur die Valke aangekeer op 117 klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as R3 miljoen. Nomthandazo Khoza (41) was ‘n boekhouklerk in die departement van onderwys se Bohlabela-area wat na bewering tussen Mei 2019 en November 2020 saam met ‘n kollega, Mosibudi Makutu (45), geld uit die departement aan […]
Kinders van al hoe jonger ouderdomme benodig toenemend professionele hulp vir angs. Die onsekerheid wat onder meer die Covid-19-pandemie teweeg gebring het, dra daartoe by, maar dit is nie tot dit beperk nie. Opvoedkundige sielkundige, Christie Malan, het raad vir ouers. Sy het met Mireille gesels. Luister weer hier na die gesprek. Vir meer besonderhede, […]
In die hooftrekke uit die Laeveld die week: Covid-gevalle neem toe, kopbotsing eis ses lewens, MTPA waarsku weer teen leeus in Marloth Park en Mbombela-stadion hoop op kapasiteit-toeskouers vir All Black toets. Luister die nuushooftrekke hier.
Die bestuur van Mbombela-stadion is opgewonde dat hulle op 13 Augustus 2022 ‘n All Black toets teen die Springbokke sal aanbied. Roelf Kotze beskryf dit as ‘n absolute hoogtepunt vir die stad en stadion. Studies wat voorheen elders gedoen is, het die ekonomiese inspuiting op nagenoeg R100 miljoen beraam. “In rugbyterme kan ‘n mens nie […]