100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hoeveel olifante kan die wildtuin hê? Debat vlam weereens op

Written by on May 3, 2022

Die debat rondom die olifantbevolking in die Krugerwildtuin (NKW) het opnuut opgevlam nadat ‘n bewaringsorganisasie gevra het dat olifante so spoedig moontlik weer uitgedun moet word.
Volgens sommige bronne kan die reservaat slegs sowat 7 000 olifante huisves sonder dat hulle die omgewing beskadig. Daar is na raming tans sowat 40 000 olifante in die wildtuin.
Die bestuur van olifante se impak is egter aansienlik meer ingewikkeld as om bloot die aantal diere te tel, verduidelik woordvoerder, Ike Phaahla. Die diere se getalle wissel baie, en die area wat vir hulle toeganklik is, is heelwat groter as ‘n eeu gelede weens die skep van oorgrensparke en minder heinings met aangrensende private reservate.
Kortom: Hulle volg die wetenskap, sê hy. Luister weer hier:


×