Nuus
Page: 200
Danika van Deventer, ‘n gr. 12-leerling van Curro Nelspruit, het haar Springbokkleure vir modelwerk verwerf, nadat sy by Stars of the Universe, Talent Africa se internationale kompetisie in Januarie, goud verwerf het in twee afdelings. Sy het vir Gerhardt vertel sy doen al modelwerk sedert sy kon loop, en koester groot drome om dit as […]
Hoe gemaak met al die gr. 12-leerlinge wat jaarliks matriek slaag met vrystelling om grade of diplomas op tersiêre vlak na te jaag, maar vir wie daar nie plek is in openbare instellings nie? Dit is een van die vrae wat prof. Stephen Khehla Ndlovu, adjunkhoof van strategie, risiko en adviesdienste by Unisa, ondersoek het […]
Jou Laeveld nuus die week: Die sensus skop volgende week af, Hazyview-man tot honderde jare agter tralies gevonnis en Polisiekar na 16 jaar weer terug by Blue Moon. Luister die hooftrekke hier.
Dit is amper weer tyd vir die legendariese Sabie Tube Race. Dit kon verlede jaar glad nie plaasvind nie, weens Covid-19-inperkingsreëls. Vanjaar kan dit, en 2 000 mense kan op 4 en 5 Februarie saam partytjie hou. Johannes Coetzee van Round Table Witrivier 64 wat dit reël, sê vanjaar se “resies” het spesiale beplanning en […]
“Daar is absoluut geen rede hoekom mense nie ‘n derde of vierde taal kan leer nie. Jy is jou grootste vyand want jou brein sê vir jou, ‘Wat dink jy doen jy?’” Marie-Louise Botha van die Bothabile African Language Institute weet waarvan sy praat wanneer sy sê dit is een van die moeilikste dinge om […]
Die rekords het weer gespat by Hoërskool Nelspruit se interhuis atletiekbyeenkoms Donderdag, 20 Januarie. Elf interhuis-rekords is verbeter en drie Nellies-rekords. SA-kampioen Ashley Erasmus (o.17) het Shana Scott se vorige skyfwerp-rekord van 32,67 m na 47,17 m verbeter. Sy het volgens ASA se 2020-tabel die maksimum van 1 000 punte gekry vir die skyfwerp sowel […]
Die Nelspruitse navigator, Danie Stassen, is terug van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië, waar hy en bestuurder Shameer Variawa vir span Toyota Gazoo algeheel 15de geëindig het. Dit was die eerste Dakar vir hierdie Laeveldse boorling, vir wie enigiets met wiele sedert sy kinderdae ‘n bekoring inhou. Stassen sê die hele ervaring laat hom voel asof […]
Matriekleerlinge in Mpumalanga het in 2021 ‘n slaagsyfer van 73,6% behaal, ‘n klein afname van verlede jaar se byna 74%. Van hulle het 31,5% met universiteitsvrystelling geslaag. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die aankondiging gemaak by die Universiteit van Mpumalanga. Ehlanzeni-distrik het die hoogste slaagsyfer van 75,6%. Thaba Chweu tel onder die top vyf munisipaliteite […]
In die nuus uit die Laeveld die week: Mpumalanga se slaagsyfer toon ‘n klein afname, nuwe boorwerk begin vandag in Makhonjwa-berge, Hoërskool Nelspruit bied interhoër 2022 aan en Danie Stassen sê Dakar-tydren was ‘n droom wat bewaarheid is. Luister die hooftrekke hier.