100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bel Canto op pad na Applous-finaal

Written by on June 3, 2022

Hoërskool Nelspruit (NHS) se Bel Canto-meisieskoor het deurgedring na die finaal van die ATKV Applous-kompetisie.
Hulle het op 23 Mei ‘n goue toekenning by die ATKV-Applous Streeksfees ontvang.
“Ek dink dit is die eerste keer in die skool se geskiedenis dat NHS by ‘n landswye kompetisie in ‘n finaal deelneem!” sê me. Elet Kruger, koorleier van die meisieskoor.
Hulle sal op Vrydag 29 Julie (wat ook die skool se 70ste verjaarsdag is) in Pretoria deelneem.
Luister hier na een van die liedere wat hulle opgevoer het.

 


×