100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nog strenger beurtwater vir Barberton aangekondig

Written by on September 23, 2020

Inwoners van Barberton het nou nog meer waterbeperkings.
Die Lomati-dam, wat die dorp van water voorsien, is tans net 18% vol.
Die gevolg is dat hulle slegs die helfte van die water wat hulle normaalweg sou suiwer, mag gebruik.
Alle inwoners het daarom sedert gister twee dae per week, van 08:00 tot 16:00, nie water nie.
Toe beurtwater, wat nogal ‘n algemene verskynsel in Barberton is, aan die begin van inperking opgehef is, was die dam sowat 25% vol.
Toe dit in Augustus heringestel is, is inwoners se water slegs een maal per week tussen 08:00 en 14:00 afgesit.
Raadslid Philip Minnaar verduidelik dat dit nie ‘n raadsbesluit is nie, maar deur die die departement van water en sanitasie bepaal word.

Prakties is mense wel ‘n bietjie langer as die gestipuleerde ure sonder water, omdat dit nie soos elektrisiteit dadelik weer daar is wanneer krane oopgedraai word nie, maar eers ‘n entjie moet loop.
Minnaar voer aan dat dit nie reg is dat die munisipaliteit steeds nuwe uitbreidings vir ontwikkeling goedkeur nie.
“Ons kan nie nog mense akkomodeer voordat ons nog ‘n dam in die omgewing kry, en jy seker is dat jy almal water kan gee nie. Tot dan kan jy nie regtig bekostig om op groot skaal uitbreidings goed te keur nie,” sê hy.

Die nuwe skedule is soos volg:
Maandag en Woensdag: Soetdoring-, Paul Davies-, Norman Nader-, Henry Nettman- en Greestonestraat asook Verulam en Dixie Farm.
Maandag en Vrydag: Bland-, Boom-, Open-, Gospel- en Dwarsstraat asook ‘n deel van Sheba- en Steinstraat sowel as Burgerville en Cathyville.
Dinsdag en Donderdag: Deel van De Villiers- en Crownstraat, Lomas-, Rimer- en Burgerstraat.


×