100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nkomazi-munisipaliteit verkies ‘n nuwe burgemeester

Written by on August 3, 2022

Phindile Petunia Magagula is gister tot uitvoerende burgemeester van Nkomazi-munisipaliteit verkies, na die Mpumalanga LUR vir samewerkende regering, Mandla Ndlovu, ‘n spesiale raadsvergadering geroep het.
Nkomazi is reeds etlike maande sonder ‘n burgemeester toe Johan Mkhatshwa uit die ANC geskors is. Magagula was tydens die plaaslike verkiesing in November die ANC se keuse om as burgemeester verkies te word, maar Mkhatshwa is verkies en het geweier om van die posisie afstand te doen.
Hy is in Maart, saam met die Speaker, Sphiwe Mashele, en vyf ander raadslede uit die party geskors. Hulle het ‘n aansoek in die Johannesburg Hooggeregshof gebring om hul skorsing teen te staan, maar dit het nie geslaag nie.
Die DA se Trudie Grovè-Morgan sê die gevolg was dat dienslewering in die munisipaliteit tot stilstand gekom het.
Magagula het reeds twee termyne op die stadsraad gedien, insluitende op die burgemeesterskomitee vir beplanning en ontwikkeling.


×