100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Malcolm Marx om te begin in 50ste toets mylpaal in Mbombela

Written by on August 2, 2022

Springbok-afrigter Jacques Nienaber het drie veranderinge gemaak aan die beginspan wat teen Wallis uitgedraf het in hul laaste toets om Saterdag teen Nieu-Seeland in Mbombela te begin.
Malcolm Marx sal sy 50ste Boktoets speel. Hy vervang Bongi Mbonambi op haker.
Faf de Klerk begin op skrumskakel en sal met Jaden Hendrikse roteer.
Cheslin Kolbe se gebreekte kakebeen is die enigste verandering weens ‘n besering. Kurt-Lee Arendse sal in sy plek op regtervleuel begin.
Mbonambi en Hendrikse is op die plaasvervangersbank, waar Salmaan Moerat (slot) in Elrigh Louw (losvoorspeler) se plek ingesluit is.
“Ons voel dit is ‘n groot geleentheid vir Malcolm om sy 50ste toets te speel, en Faf se ervaring en speelstyl sal ons teen die All Blacks bevoordeel,” sê Nienaber.
“Met Salmaan op slot kan ons vir Franco Mostert op slot of flank inspan en ons het vir Kwagga Smith wat in die lostrio kan speel, selfs op vleuel indien nodig.”
“Ons voel hierdie is die regte span vir die spesifieke uitdaging teen Nieu-Seeland.”
Nienaber voeg by hoe trots die span op Marx se mylpaal is.
“Hy is ‘n ware vegter en hy versinnebeeld waarvoor ons as die Springbokke staan. Ons is gereed vir ‘n uitdagende toets wat die toon sal aangee vir ons Castle Lager Rugbykampioenskap vanjaar. Dit is ons fokus.”
Hy sê hulle verwag ‘n groot aanslag van die besoekers by Mbombela Saterdag en in Johannesburg volgende naweek.
“Hierdie twee spanne het ‘n unieke wedywering en ons bring altyd die beste in mekaar uit.”
Luister weer hier:

Die Springbokspan is:
15 – Damian Willemse
14 – Kurt-Lee Arendse
13 – Lukhanyo Am
12 – Damian de Allende
11 – Makazole Mapimpi
10 – Handre Pollard
9 – Faf de Klerk
8 – Jasper Wiese
7 – Pieter-Steph du Toit
6 – Siya Kolisi (kaptein)
5 – Lood de Jager
4 – Eben Etzebeth
3 – Frans Malherbe
2 – Malcolm Marx
1 – Trevor Nyakane
Plaasvervangers:
16 –Bongi Mbonambi
17 – Steven Kitshoff
18 – Vincent Koch
19 – Salmaan Moerat
20 – Franco Mostert
21 – Kwagga Smith
22 – Jaden Hendrikse
23 – Willie le Roux.

Foto: SA Rugby


×