100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NHS praat raak by Radikale Redenaars

Written by on November 10, 2022

Hoërskool Nelspruit (NHS) se raakpraters het uitstekend by die nasionale finaal van die Radikale Redenaars presteer.
Jacques Bouwer (gr. 9) het in spanredenaars, eksperimentele redenaars en “experimental” redenaars as nasionale wenner koning gekraai.
Inge van Biljon (gr. 8) het ook ‘n eerste plek vir tweetalige redenaars verwerf.
Volgens die skool was die hoogtepunt die spanwerk van die gr. 9’s toe Jacques, Clarissa Botha, Francois Louw en Rohann Schultz met hul spanredenaars ‘n eerste plek kon verdien.
Hul afrigter, me. Frances van Niekerk, en teksskrywer, me. Kriekie Bekker, was in hul noppies en die humoristiese aanslag het die gehoor laat skater.
Karla du Toit (gr. 9) en Ronel Basson (gr. 10) het onderskeidelik ook tweede gekom met hul “experimental” redenaars. Ronel behaal boonop nog ‘n tweede plek vir eksperimentele redenaars.
Kyra de Kock (gr. 8) het ‘n derde plek vir tweetalige redenaars verwerf.


×