100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NGA-gimnaste spog met medalje-oes by SA’s

Written by on October 27, 2021

Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) het 20 dogters en drie seuns gehad wat Mpumalanga onlangs by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe verteenwoordig het.
NGA se vlak 4 tot vlak 8 gimnaste het altesaam agt medaljes huis toe gebring.
Dit het plaasgevind by die Matsportsentrum in Centurion en was vir die gimnaste ‘n ongelooflike ervaring.

Afrigter Maré Putter sê weens die Covid-19-pandemie was dit die eerste kompetisie waaraan hulle in twee jaar deelgeneem het wat nié in die NGA-saal by Hoërskool Bergvlam plaasgevind het nie.
“Al die voorbereidingskompetisies en selfs die Mpumalanga proewe het by NGA plaasgevind.”
Die gimnaste het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en het baie gemotiveerd teruggekom.
“Om onder die top 10 te eindig is ‘n baie groot prestasie,” sê Putter. “In sommige groepe het amper 100 gimnaste in ‘n ouderdomsgroep meegeding.”

In die artistiese gimnastiek-afdeling vir vroue het Kari Potgieter (11) en die tienjarige Megan Prinsloo (beide vlak 4) algeheel vyfde geëindig in hul onderskeie ouderdomsgroepe.
Die 10-jarige Delia Smuts (vlak 5) eindig algeheel sesde met bronsmedaljes op die vloer en balk. Marlia Spreeth (12 jaar) eindig sesde en wen brons op die balk.
Sphe Bhembe (vlak 4) wen ‘n silwer op die balk en eindig in sewende plek. Moné Pretorius (vlak 4) was algeheel negende en verower ‘n silwer medalje in die spronge. Amoré Gerber (vlak 8) eindig algeheel tiende.
Onder die seuns eindig die 10-jarige Pieter Prinsloo (vlak 4) vyfde met ‘n silwer medalje op gelyke brug en brons vir die hoë brug.

Die ander gimnaste wat buite die top 10 eindig, vaar só: Elizma de Villiers 11de vlak 6 (13-17 jaar), Kaylee Venter 12de vlak 6 (10 jaar), Jasmin Muller 12de vlak 7 (13-17 jaar) met ‘n bronsmedalje op die vloer, Johann Roets 12de vlak 4 (10 jaar), Carli Hopkins 13de vlak 5 (10 jaar), Carmen Venter 14de vlak 5 (11 jaar), Iane Swart 18de vlak 7 (12 jaar), Isabel Prinsloo 19de vlak 7 (12 jaar), Anzel Moolman 20ste vlak 6 (11 jaar), Xi-ane Roets 21ste vlak 6 (11jaar), Melissa Ley 22ste vlak 6 (13-17 jaar), Twane Steyn 22ste vlak 6 (13-17 jaar), Hugo Taljaard 22ste vlak 4 (13-17 jaar), Karah Erasmus 23ste vlak 4 (11 jaar) en Yané Welgemoed 34ste vlak 5 (13-17 jaar).


×