100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nasionale tydren-kampioenskap hierdie naweek in Dullstroom

Written by on November 24, 2020

Die TRAC N4 Nasionale Tydren vind Vrydag en Saterdag in Dullstroom plaas. Dit is die finale rondes van die nasionale tydren-kampioenskap vir 2020.
Dit is ook die tweede keer dat TRAC dit borg.
Die organiseerders het bevestig dat 30 spanne ingeskryf is, en van die land se topryers neem deel.
Hulle sluit in Guy Botterill en Simon Vacy-Lyle, Theuns Joubert en Charl Peskin, Chris Coertse en Greg Godrich, JJ Potgieter en Tommy Du Toit, asook Natie Booysen en Johan Smith.
Dag 1 begin by Lakenvlei en dag 2 by die Dullstroom Epilepsie-sentrum, wat die hoof begunstidge van TRAC se borgskap is.
“Ons borgskap van die geleentheid gaan hand aan hand met ons korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en ons sal, onder andere, verskeie opgraderings by die sentrum aanbring,” sê woordvoerder, Solange Soares.
Sy verduidelik dat verskeie uitgetrede legendes ook vanjaar in aksie te sien sal wees, in pas met die 60-jaar herdenking van die kompetisie.

Die ikoon, Kassie Coetzee, ook bekend as “Oom Kassie” het veral in die 1970’s and 80’s uitgeblink in verskeie karre. Hy bly egter die beste bekend vir sy vertonings in sy legendariese Nissan-motors.
Dit is gepas dat een van die fases van die naweek se wedren na hom vernoem is.
TRAC se uitvoerende hoof, Alex van Niekerk, sê dit is hul eerste amptelike geleentheid sedert die grendeltydperk in Maart begin het. Dit is ook die eerste vir die maatskappy met hom aan die stuur.
“Ons sien dit as die ideale geleentheid om padveiligheid te bevorder en in plaaslike gemeenskappe te belê.”
Soares sluit af: “Ons is opgewonde en hoop om motorsport-aanhangers in Dullstroom te sien om hul gunstelingdeelnemers in aksie te beleef.”
Vir meer besonderhede, besoek SARallying op Facebook. Streng Covid-19-riglyne sal in plek wees vir toeskouers. Besoek tracn4.co.za vir meer.


×